Thursday 25 April 2024

Verjaardagwense

 
Mev. Visser, baie geluk met u verjaardag. 'n Nuwe lewensjaar gevul met alles wat mooi is word u toegewens. Geniet die dag!

Liz' thoughts


Click HERE for more. 

Sunday 21 April 2024

Klein dingetjies - groot vreugde

Soms het iemand 'n behoefte om na geluister te word. Dit kan jou tafelgenoot of jou buurvrou of een van die personeellede wees. Sien ons daardie behoefte raak? Dit is belangrik om met jou ore te luister - nie met jou ego nie en ook nie om hulle behoefte af te maak as minder belangrik nie.

Dis die klein dingetjies wat die meeste vreugde bring. Die opregte belangstelling in die mense om jou. Daar is soveel inwoners wat net bestaan - wat ophou lewe het - gaan sit by hulle, luister, reik uit.

As jy bevoorreg genoeg is om 'n klein tuintjie te het, begin jou week deur blomme te pluk vir jou kombuis- of kamer of iemand in die versorgingsafdeling.

Begin jou week met iets wat mooi is in die lewe. En skielik is 'n klein gebaartjie die rede van groot vreugde in iemand anders se lewe.

Thursday 18 April 2024

Wednesday 17 April 2024

Woensdagwense: week 16

Verjaardagwense


Mev. Dita, ek hoop dat u spesiale dag baie geluk, liefde en vreugde vir u sal bring. Geniet 'n vreugdevolle dag!

Tuesday 16 April 2024

Verjaardagwense


Mnr. A Keulder, ons wens u 'n baie spesiale dag toe. Mag hierdie volgende reis om die son jou beste een nog wees! Gelukkige verjaardag!

Monday 15 April 2024

Vandag se internetgebed vir jou: Dutoitspan se gebed vir elkeen wat hier lees, is ...

dat jy die nabyheid van God in jou lewe sal ervaar,
dat die Here vir jou die vrede van die hemel sal gee,
dat jy met Hemelse blydskap geklee sal word,
en dat jy geseën sal word met genesing
in die kragtige Naam van Jesus Christus.
Amen

Sunday 14 April 2024

Wat om in geskenksakkies vir senior burgers te sit

Geskenksakkies is 'n fantastiese manier om ons waardering en liefde vir die senior burgers in ons lewens te bewys. Soos ons ouer word, verander ons behoeftes en ons voorkeure.

Wanneer dit by geskenksakkies vir senior burgers kom, is dit belangrik om hul unieke behoeftes en belangstellings in ag te neem. Of jy nou 'n geskenksakkie saamstel vir 'n spesiale geleentheid of net om hul dag op te helder, hier is 'n paar idees wat sekerlik 'n glimlag op hul gesigte sal sit.

1. Toiletware (dit is altyd nodig)
Handeroom, lipsalf en seep wat sag op hul vel is. Mondversorgingitems soos tandepasta, tandeborsels en mondspoelmiddel.

2.  Ontspanning en gemak
'n Stresbal of ’n handmasseerder, bordspeletjies, legkaarte, blokkiesraaisels en boeke. 

3. Lekkernye (soet en sout)
Sagte koekies of beskuit, lekkergoed, neute of gedroogde vrugte. Verskillende teegeure of kitssop is ook treffers. 

4. Stokperdjies
Almal het 'n passies - lees, brei, hekel, legkaarte, borduurwerk, skryf, verf - vind uit en blaas vuur in daardie passie.  

5. Ietsie persoonliks
Lekkerruikgoed, naskeerroom, serp, sokkies, hoed of handdoek.

6. Tydskifte
Teken in op 'n koerant of tydskrif vir jou ouer. (Harde kopie of digitaal)







Indien jy op die harde kopie ingeteken het, kan die ontvanger later hierdie leesstof in die sitkamer of biblioteek sit, sodat die vreugde van lees gedeel kan word.

WATERDRUPPEL vir die WEEK = Ons Wegoopmaker

Groete en Vrede!!!

Kyk, dit is nou maar wors. Draadwerk is alles behalwe maklik. Dit is vrek harde werk. Van ver af lyk dit maklik want nadat gate op die regte plek gegrou is, word dik teerpale daarin geplant. Daarna word drade aan die pale vasgemaak en styf getrek. Sodra dit gedoen is, word sif gehang waarna 'n klompie sparre vasgemaak word en siedaar ... die draad is gespan. Heel maklik, heel eenvoudig en voor jy kan sê "Koop Suid-Afrikaans" is alles klaar. Altans, dit is wat ek gedink het, maar so paar maande gelede het ek mooi geleer dat draadwerk veel meer behels as wat mens sou dink.

Ons vergrote erf moes behoorlik toegespan word en ek het vir Kef gevra of hy my tog ‘n hand sal gee met hierdie projek wat die Maandagoggend sou begin. “Nee wat pastoor het hy gesê nadat ons die saak vasgemaak het, “ons maak sommer gou-gou klaar. Miskien so oor 5 dae.”

Sommer vroeg-vroeg die volgende Maandagoggend was daar ‘n klop aan die agterdeur. My verbasing was groot toe klein Corrie (wat skaars 13 jaar oud is) saam met sy pa kom inval vir die draadwerk. "Die klong moet leer pastoor, die klong moet die draadwerk leer. As hy wil man wees, moet hy leer” het hy selfvoldaan gesê terwyl ons hierdie dag se eerste beker koffie afsluk. "Vandag maak ek sy pad vir hom oop. Vandag begin hy leer wat dit is om ‘n grootmens te wees."

Klein Corrie sit grootoog en luister na sy pa se woorde. Ek wonder wat alles deur hierdie jongeling – wat eintlik nog op die skoolbanke moet wees - se kop gaan. Dalk besef hy dit nog nie, maar vandag loop hy op die pad wat sy pa vir hom oopmaak. En so was dit ook dan gewees. Kort voor lank het ons sweet gespat, maar Corrie het die meeste gesweet om tred te hou met Kef. Dié se genade is maar aan die min kant as dit by werk kom.

Ten spyte van sy jeugdige ouderdom het Corrie daardie Maandag gate met 'n swaar grou-yster gegrawe, water met 'n verf emmer aangedra, sand en sement met die kruiwa aangery en dit gehelp meng. Dit alles, terwyl Kef eers verduidelik en dan wys. Daarna werk Kef die heeltyd saam met Corrie terwyl hy die jongeling met 'n fyn oog dophou en reghelp. “Onthou” het Kef gesê, “Vandag maak ek sy pad vir hom oop. Vandag begin hy leer wat dit is om ‘n grootmens te wees."

Die Mooiste Mooi het later daardie selfde middag vir ons yskoue koeldrank gebring. Terwyl ons in stilte hierdie yskoue lafenis koeldrank geniet, dink ek aan Kef se plan met sy klong. ‘n Plan om sy seun in te lyf om man te wees. Terselfdertyd onthou ek ook dat inlywing of ontgroening as jy wil, uiters noodsaaklik maar nooit lekker is nie. Dit maak nie saak of dit nou op skool, op die sportveld of in die werksomgewing is nie, inlywing bly onlekker. Veral as dit jou beurt is om dit te beleef of te ervaar.

Dan herinner die Veilige Gees my dat Jesus ook op 'n unieke manier die 12 dissipels ingelyf het. As die Wegoopmaker het Hy vir hulle 'n sprekende voorbeeld gestel wat van hulle verwag word. Nie soseer met woorde nie, maar eerder by wyse van 'n voorbeeld. Die dissipels moes leer om soos Hy te wees. Hulle moes leer om die minste te wees en ander onvoorwaardelik te dien. Daarom het Jesus hulle voete - toe hulle dit die minste verwag het - gewas. Petrus wou die aand soos 'n halsstarrige donkie vasskop maar lateraan het die ou heethoof uit respekte stil-stil toegegee.

Om waarlik kind van die Skepper van hemelgoed en stofaarde te wees (of om waarlik deel van Sy uitverkore groep te wees) impliseer dat ek en jy deur Hom wat die Wegoopmaker is, ingelyf moet word. En hierdie inlywingsproses behels dat ek en jy - sonder voorwaarde, sonder klagte en sonder teenstribbeling – die minste moet wees en ander moet dien. Ons moet bereid wees om te sê wat Hy sê, te maak soos wat Hy maak en te wees soos wat Hy is. En wanneer ons dit doen, sal 'n genadelose en wrede wêreld weet wie ons Wegoopmaker is!

Mar 9 vers 35 (Afr20) = “Nadat Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: “As iemand eerste wil wees, moet hy laaste van almal en almal se dienaar wees.”
 
Sandkorrel baie seëninge.

Divine Life Bediening (HJ & Dalene Cronjé)
Selnr: 082 772 2192
WhatsApp: 081 568 7549
Klik HIER vir verdere inligting.

[Dankie, Valerie, vir jou gereelde bydraes tot hierdie blog. Indien jy wil en betrokke kan raak by hierdie uitreiking, maak gebruik van die kontakdetail hierbo.] 

Thursday 11 April 2024

Poem: Friends

People need people and friends need friends
And we all need love for a full life depends
Not on vast riches or great acclaim,
Not on success or on worldly fame,

But just in knowing that someone cares
And holds us close in their thoughts and prayers- tot hier
For only the knowledge that we're understood
Makes everyday living feel wonderfully good,

And we rob ourselves of life's greatest need
When we 'lock up our hearts' and fail to heed
The outstretched hand reaching to find
A kindred spirit whose heart and mind

Are lonely and longing to somehow share
Our joys and sorrows and to make us aware
That life's completeness and richness depends
On the things we share with our loved ones

Wednesday 10 April 2024

Woensdagwense: week 15

Verjaardagwense


Mev. Koeglenberg, gelukkige verjaardag!! Wens u 'n wonderlike en gesonde nuwe lewensjaar toe. Geniet 'n vreugdevolle dag.

Verjaardagwense


Mnr. Maritz, om nog 'n kers uit te blaas, beteken dat u nog 'n jaar van vreugde geleef het. Maak seker dat elke dag van u lewe, en elke kers, tel. Geniet 'n heerlike verjaardag!